Local news

Soektog na Jett eindig tragies

Jett was uitsonderlik in sovele fasette

Jett, die 17 maande oue opgeleide Belgiese herdershond  van  Healthy Hound Missing Pet and Animal  Search &  Rescue, se oorskot is Woensdag 30 November gevind by die Zeekoeigat watersuiweringsaanleg naby Roodeplaatdam.

Jett het oor die naweek in n mangat geval terwyl gesoek is na n verlore Jack Russel hondjie

Jett het waarskynlik met die val sy nek gebreek en is daar sedert die naweek onverpoosd na hom gesoek deur talle mense wat diep geraak was deur die tragiese gebeure.

Teen Maandagmiddag was dit duidelik dat die hoop om Jett lewend te vind skraal was.

Jett sal onthou word as n uitsonderlike hond wat in sy kort lewetjie help soek het na 32 vermiste troeteldiere waarvan hy 25 gevind het. Een van min honde wat spesifiek opgelei was om na vermiste honde en katte te soek.

Onder hulle ook die rooibruin Staffie Jan, wie se oorskot die naweek by Lapa Manzi gevind is na n bootongeluk op die Vaalrivier.

Jett sal met net die mooiste herinneringe onthou word deur Diane en elkeen met wie Jett saamgewerk het.

https://www.citizen.co.za/parys-gazette/77945/groot-hartseer-jan-is-gekry/

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button