Nie balle nie, maar kaarte laat die rande inrol vir DBV-nood
Vir meer inligting oor die werksaamhede van die DBV, gaan kyk gerus na hul Facebook blad.

Toe eendeweer die rolbalbane onlangs meer na swembaddens laat lyk het, moes al die kaarte inderhaas op die tafel gesit word vir plan B vir die fondsinsame- lingsborgdag wat die plaaslike rolbalklub ten bate van die Parys DBV sou hou.
Daar is besluit op kaart rolbal in die klubhuis wat ‘n heerlike kuier geleentheid was.
Spanne is getrek en is daar met groot geesdrif om die pryse meegeding. Die wenners was Dries de Jager, Emmie Pelzer en Gert Keulder. Tweede was Marie Uys, Marinda Troskie en Jaco Venter, en in die derde plek was Linda Fuhri, Kwaadjie Reynecke en Wilma Bedford.
Die DBV kry geen staatsondersteuning nie, en moet self fondse genereer vir die werk wat hulle doen. Beslis geen maklike taak nie, en waarop swaar gesteun word op borge en die publiek se goedhartigheid. Die rolbalklub is een van die skenkers wat ‘n helpende hand na die DBV uitreik, en het Madelyn Venter meer agtergrond gegee oor wat die DBV doen en probeer vermag. Dankie aan die borge – Deon en Pat Louw, Koos Snyman, Brendin Strauss, Jimmy Jaggers en Diane Snyman. Vir meer inligting oor die werksaamhede van die DBV, gaan kyk gerus na hul Facebook blad.






