Local news

Medelye na gewese DA-raadslid en oud Aardklop-hoof se dood

Ons innige medelye aan sy familie

Andries Vrey,  voormalige DA-raadslid van Parys is in die ouderdom van 45-jaar aan vermoedelik ‘n hartaanval oorlede. Hy het die afgelope jaar by sy suster, Anet in Centurion gebly, en kom sy dood as ‘n groot skok.

Andries was ook ‘n voormalige hoof van Aardklop en ‘n baie bekwame en toegewyde mens wat ‘n groot impak op baie mense se lewens gemaak het.

Ons opregte medelye aan sy hartsmense en almal in wie se lewens sy dood ‘n groot leemte laat.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button