Local news

Waar is die hande om te help?

Tog het hierdie vrywilligers 'n groot verskil gemaak

Kroonstad het dit gedoen. Senekal het dit gedoen. Viljoenskroon het dit gedoen. Vredefort het dit gedoen. In dorpe regoor die land staan mense saam om weer hul dorpe skoon en netjies te kry, en die resultate spreek vanself met munisipaliteite wat lank reeds tekort skiet waar dit kom by diensle- wering.
Saterdag is daar ook weer skoongemaak in Parys se strate vanaf die Sasolburg-ingang danksy ‘n inisiatief van die Ngwathe Warriors en Mooi Parys, maar net sowat 15 vrywilligers het opgedaag om te help.

Tog het hierdie vrywilligers ‘n groot verskil gemaak met 30 vullissakke wat volgemaak is. Wil jy nie volgende keer kom help nie? As jy betrokke wil raak by die aksies wat gereeld in die dorp geloods word om skoon en netjies te maak, hetsy jy self wil kom hand bysit, of net ‘n bydrae wil maak, skakel Braam Cilliers by 072 779 4079.

Related Articles

Back to top button