Local news

Naweek se reën kortwiek werk aan Weiveld-pad

Die skool, paaie departement en die Ngwathe munisipalteit werk egter nou saam om die pad weer rybaar te kry

Hoewel reën Maandag werk aan die S154 Weiveld-pad effe gekortwiek het, is die kontrakteur reeds hier en sal daar sodra die pad toeganklik is vir die swaar masjienerie, begin word met werk aan die pad, is vandeesweek bevestig. Die kontrak vir werk aan die S154 is tot einde Maart 2023.
Gazette het vroeër berig dat die Weiveld Landbou- en Hotelskool se meer as 500 leerders hul eindeksamen in lokale in Parys en Sasolburg afgelê het omdat die pad na die skool onbegaanbaar geword het vir skoolbusse wat die kinders na en van die skool vervoer.
Die reeds swak toestand van die pad is vererger deur swaar reên, wat die busse laat vasval het in die modder.
Die skool, paaie departement en die Ngwathe munisipalteit werk egter nou saam om die pad weer rybaar te kry, is vroeër aan Gazette gesê.
Vicky van der Westhuizen, ‘n boer van die Weiveld-distrik het vir jare die pad instand gehou, en gereeld geskraap met die onder- steuning van wyle Kobus Dannhauser, Pieter van der Westhuizen en Willem Coetzer. Vir boere het die instandhouding van die pad sonder regeringsondersteuning egter net té veel geword weens die hoë brandstofkostes waarvoor boere nie vergoed word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button