NewsNews

Kinders só van instrumente geleer

Stryk- en blaasinstrumente is veel meer as net ’n viool of ’n fluit. Maar vir baie kinders is die wêreld van klassieke musiek en orkesinstrumente ’n onbekende. Iets waaraan kinders nie aldag blootgestel word nie.

Stryk- en blaasinstrumente is veel meer as net ’n  viool of ’n fluit. Maar vir baie kinders is die wêreld van klassieke musiek en orkesinstrumente ’n onbekende. Iets waaraan kinders nie aldag blootgestel word nie.
Die Johannesburg Music Initiative het hierdie leemte begin aanspreek met hul skoolkonserttoere waar kinders in musiekgenres wat hul wel mee bekend is, en in ’n taal wat kinders praat, die veelsydigheid van klassieke stryk- en blaasinstrumente sigbaar en hoorbaar gewys word. Daar word gebruik gemaak van klassieke, hip-hop, Western, Jazz en Afrika styl genres.
Die lewendige konsertuitvoering wat deur Lotto-befondsing moontlik gemaak word, is verlede Vrydag by die Parys Primêre skool gehou waar die bykans 30 vryskut musikante opgetree het. Almal mense met professionele beroepe, maar wat hul liefde vir musiek een keer per maand by aangewese skole in die Vrystaat met kinders deel.
Die konserte is vir graad 4 tot 7-leerders om ook in te skakel by hul kurrikulum vir Kreatiewe Kunste waar geleer word van instrumente.
Die groep maak op 27 Mei ook ’n draai by die Chris van Niekerk skool waar verskeie leerlinge van die skool reeds sedert verlede jaar ingeskakel is by ’n  program van die Vrystaat Provinsie waarmee kinders geleer word om die viool en tjello te bespeel. Uitmuntende resultate is reeds by die skool behaal met die leerlinge wat ook in ’n orkes saamspeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button