Photo GalleriesSchool

Drie redenaars na Vrystaat-finaal

Drie van Hoërskool Parys se redenaars het na afloop van die Noord- en Oos-Vrystaat uitdunne deurgedring na die Vrystaat-finaal van die ATKV-redenaarskompetisie vir 2016.

Drie van Hoërskool Parys se redenaars het na afloop van die Noord- en Oos-Vrystaat uitdunne deurgedring na die Vrystaat-finaal van die
ATKV-redenaarskompetisie vir 2016.
Hulle het teen skole soos Hoërskool Witteberg, Voortrekker, Afrikaanse Hoërskool Kroonstad, Kroonstad Hoërskool, Goudveld en
Riebeeckstad kragte gemeet.
Hoërskool leerders neem in twee kategorieë deel naamlik voorbereid en onvoorbereid. Onvoorbereide sprekers kry 90 minute om ’n  gegewe onderwerp
voor te berei en moet dan ’n  toespraak van 5 tot 7 minute lewer.
Die seniors
se aktuele onderwerp was Plattelandse skole gee net soveel kwaliteit onderrig as stedelike skole.
VLNR: Annemarie Marais (Hoërskool Seniors – onvoorbereid), Amore Kok
(Hoërskool Seniors – voorbereid) en Joshua van Zyl (Hoërskool Juniors –
voorbereid).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button