Photo GalleriesSchool

Drie redenaars na Vrystaat-finaal

Drie van Hoërskool Parys se redenaars het na afloop van die Noord- en Oos-Vrystaat uitdunne deurgedring na die Vrystaat-finaal van die ATKV-redenaarskompetisie vir 2016.

Drie van Hoërskool Parys se redenaars het na afloop van die Noord- en Oos-Vrystaat uitdunne deurgedring na die Vrystaat-finaal van die
ATKV-redenaarskompetisie vir 2016.
Hulle het teen skole soos Hoërskool Witteberg, Voortrekker, Afrikaanse Hoërskool Kroonstad, Kroonstad Hoërskool, Goudveld en
Riebeeckstad kragte gemeet.
Hoërskool leerders neem in twee kategorieë deel naamlik voorbereid en onvoorbereid. Onvoorbereide sprekers kry 90 minute om ’n  gegewe onderwerp
voor te berei en moet dan ’n  toespraak van 5 tot 7 minute lewer.
Die seniors
se aktuele onderwerp was Plattelandse skole gee net soveel kwaliteit onderrig as stedelike skole.
VLNR: Annemarie Marais (Hoërskool Seniors – onvoorbereid), Amore Kok
(Hoërskool Seniors – voorbereid) en Joshua van Zyl (Hoërskool Juniors –
voorbereid).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button