
‘n Man wat onlangs skuldig gepleit het op die verkragting en moord van ‘n agt jarige kind en die verkragting van ‘n 11 jarige sal op 20 en 21 Junie gevonnis word.Die Ventersdorp verkragter wat sy slagoffers byt terwyl hy hulle verkrag kan moontlik drie keer lewenslank tronkstraf ontvang sonder die opsie van parool.
Die 29 jarige man het in 2015 die agt jarige kind in Ventersdorp verkrag en vermoor, die 11 jarige is in 2011 in Lichtenburg verkrag. Die slagoffer, gaan getuig vir verswarende omstandighede, asook die oorlede kind se pa.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


