Local news

Drie weer volgende week in die hof na man se dood

Ondersoek na man se dood duur voort

Die drie mans wat verdink word van die moord op James Nkosana Mzimanga, sal weer volgende week, op Vrydag 2 Desember voor die landdroshof in Parys verskyn

Borg is vroeër toegestaan aan Ernest Olivier  en Brandon Douglas, terwyl Andries Jordaan, steeds in aanhouding is nadat sy aansoek om borg vroeër deur die hof geweier is.  Die klagte teen die mans spruit uit ‘n voorval toe Mzimanga en sy broer, Zackariah, op 22 Julie na bewering by ‘n plaaslike skrootmetaal handelaar was.

Volgens polisiewoordvoerder, sers. Josephine Rani, het daar ‘n argument tussen die mans en Jordaan ontstaan. oor die verkoop van skrootmetaal.

Sers. Rani sê Nkosana is toe na bewering aangerand waarop hy geval en sy kop gestamp het wat hom sy bewussyn laat verloor het. Zackariah het nie daarna sy broer weer gesien nie, sê sers. Rani. Zakariah het op 25 Julie sy broer as vermis by die Parys SAPD aangemeld.

Jordaan is op 1 September in hegtenis geneem.

Tot dusver is Nkosana se liggaam nog nie gevind nie, en het ‘n vroeëre soektog na sy liggaam by ‘n oord  in die Vaalrivier ook niks opgelewer nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button