Local news

Mediese uitgawes hoop op na rugoperasie, infeksie

'n 39-Jarige haarkapper van Meyerton het hulp nodig om haar mediese onkostes te betaal nadat haar gesondheid na afloop van 'n rugoperasie versleg het en die mediese onkostes aanhou ophoop.

Annelize is gediagnoseer met ‘n toestand wat as kompressie van die rugwerwels bekend staan en daar is gevrees dat dit tot lewenslange verlamming kan lei indien sy nie geopereer word nie.

Annelize het toe ‘n laminektomie – ‘n chirurgiese prosedure wat uitgevoer word om die druk van die rugmurg te verlig – ondergaan.

Sy is op 14 September by die Thelle Mogoerane-streekshospitaal in Boksburg geopereer.

Later het sy ‘n bakteriële infeksie ontwikkel.

Annelize se toestand het versleg en die bakterië was weerstandig teen die antibiotika wat gebruik is om haar te behandel.

Op 22 November is daar weer op haar geopereer om die geïnfekteerde weefsel te verwyder en die wond en die vel te behandel.

Om dinge te vererger het Potgieter se gesin het nie ‘n mediese fonds nie.

Die gemeenskap probeer nou geld insamel om haar te help om haar hospitaalrekeninge te betaal.

Lede van die publiek wat bereid is om die gesin in ‘n tyd van nood by te staan kan die Facebook-blad Support Annelize besoek vir meer besonderhede.

Annelise Potgieter voordat sy vir die operasie gegaan het en haar wonde geïnfekteerd geraak het. Foto: Verskaf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button