Local news

Nóg ‘n trok op N14 gekaap

Die bestuurder van die vragmotor is in die Polo geboender en later langs die pad afgelaai.

Kapers het wéér dié week in die Carletonville-omgewing toegeslaan.

‘n Vragmotor wat onderweg was na Lichtenburg is op 18 November helder oordag naby die kruising van die N14 en die R500 pad na Carletonville gekaap.

Die kapers was gewapen en het in ‘n donker silwer BMW en ‘n Volkswagen Polo van dieselfde kleur toegeslaan.

Die bestuurder van die vragmotor is in die Polo geboender en later langs die pad afgelaai.

Sy vragmotor was egter skoonveld.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button