Local news
Nóg ‘n trok op N14 gekaap
Die bestuurder van die vragmotor is in die Polo geboender en later langs die pad afgelaai.

Kapers het wéér dié week in die Carletonville-omgewing toegeslaan.
‘n Vragmotor wat onderweg was na Lichtenburg is op 18 November helder oordag naby die kruising van die N14 en die R500 pad na Carletonville gekaap.
Die kapers was gewapen en het in ‘n donker silwer BMW en ‘n Volkswagen Polo van dieselfde kleur toegeslaan.
Die bestuurder van die vragmotor is in die Polo geboender en later langs die pad afgelaai.
Sy vragmotor was egter skoonveld.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




