Local news

Twee bly nog oop

So lyk die plan vir Vaaldam en Bloemhofdam vandag

Daar sal vanoggend om 10:00 nog ‘n sluis by die Vaaldam toegemaak word wat sal beteken dat daar net twee sluishekke nog oop is.

Vaaldam is nou 102,36% vol. Water vloei in teen 172,95 kubieke meter per sekonde, en die uitvloei is teen 382,5 kubieke meter per sekonde. Geen reën is in die Vaaldam se opvangsgebied gemeet nie.

Barrage staan op 98,27% met uitvloei teen 394,566 kubieke meter per sekonde.

Bloemhofdam is nou 100,19% vol en uitvloei is teen 1 401 kubieke meter per sekonde. Die uitvloei by Bloemhof sal ook teen 10:00 verminder word na 1 200 kubieke meter per sekonde, en dan nog verder verlaag word na 1 000 kubieke meter per sekonde om 10:00.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button