News

Plan vir Vaaldam-sluise vir vandag

Vaaldam nou 102% vol

Daar sal vanoggend, Maandag 21 November om 10:00 nog ‘n sluis by Vaaldam toegemaak word, wat sal beteken dat daar dan nog net 2 sluishekke oop is. Vaaldam is tans 102,4% vol. Die invloei is tans 208,73 kubieke meter per sekonde, en die uitvloei 511,90 kubieke meter per sekonde met geen reën wat in die Vaaldam se opvangsgebied gemeet is nie.

Barrage staan tans op 95,84% met water wat teen 610 kubieke meter per sekonde uitgelaat word.

Bloemhofdam is nou 112,46% vol  en water word tans teen 1 809 kubieke meter per sekonde uitgelaat. Die uitvloei by Bloemhof sal om 10:00 verlaag word na 1 600 kubieke meter per sekonde, en om 12:00 na 1 400 kubieke meter per sekonde.

Related Articles

Back to top button