News

Dit was nie ‘n regte vuurwapen nie

Die man op ‘n video voor Carletonville Polisiestasie wat wyd op sosiale media versprei is, het net ‘n speeding in sy hande gehad.

Die video, wat wys hoe twee polisievroue die man, wat lyk of hy ‘n vuurwapen op hulle rig, voor die polisiestasie probeer aanspreek, het kommentaar van regoor die land gelok. In van die plasings op sosiale media is daar selfs beweer dat die video dié van ‘n polisievrou in die Johannesburgse middestad is wie se wapen deur ‘n dronk hawelose man gegryp is.

Volgens ‘n verklaring wat na afloop van die voorval deur die polisie in Gauteng uitgereik is, het die twee polisievroue die man reeds op Sondag 13 November by die polisiestasie gesien verbystap. Hulle het gesien dat dit ‘n speelgoedgeweer is maar dit probeer afneem omdat hulle besef het dat sommige mense wel mag dink dat dit ‘n regte vuurwapen is.

Wat nie op die video gewys word nie is dat ‘n ander polisiebeampte wel nader gekom het en die speeding by die man afgeneem het. Hulle het nie hardhandig opgetree nie omdat die man ‘n bekende hawelose is wat geestelik ongesteld is.

Hy is na Carletonville Hospitaal vir hulp met sy geestesongesteldheid geneem.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button