
Twee Parys-leerders het deurgedring na die finaal van die World Monologue Games wat die wêreld se grootste drama kompetisie is waaraan die beste deelnemers uit 45 lande vanjaar deelgeneem het.
Vivienne van der Schyff het met die semi-finaal tweede in die Youth 12-17 jaar SA -afdeling geëindig, en Reuben de Jager vyfde in die Tigers-afdeling.
Met sy monoloog vertolk Reuben die rol van die jong Oliver Twist wat in ‘n weeshuis bly en graag net nog ‘n bietjie kos wil hê.


Vivienne se monoloog is getiteld: “Her name was Sarah”. Dit handel oor ‘n meisie wat by haar sielkundige sit en oor haar emo-sies gesels nadat haar vriendin selfmoord gepleeg het.Die Global Finals vir die Tigers kategorie is reeds hierdie Vrydag, 18 November om 11:00, en die Youth kategorie Saterdag ,26 November om 10:00.
Dié twee sal vir die finaal teen finaliste van Pakistan, Indië, Suid-Afrika, Australië, Kanada en Brittanje meeding.
Parysenaars kan dan vir 48 uur nadat hul deelgeneem het, aan die finaal op die genoemde datums, vir hulle gaan stem by die volgende skakels.
https://youtu.be/6bqi-xXuLus (Tigers Global Final om vir Reuben te stem)
https://youtu.be/W6IGA6Eu3wU (Youth Global Final om vir Vivienne te stem)
Kykers se stemme speel ‘n rol in die bepa- ling van die uiteindelike wenners van die kompetisie waarna dikwels verwys word as die Olimpiese Spele vir akteurs.





