VLU gesels oor lewende nalatenskap
As jy meer wil weet oor wat die dinamiese groep vroue by die VLU doen, en watter interessante aktiwiteite vir 2023 beplan word, gesels gerus met Annatjie Dreyer by 082 464 0204, of Bernadet van der Ende by 082 474 0304
Kinders moet weet waar hul vandaan kom. Wie hul oupas en oumas en grootouers is. Foto’s sonder name beteken niks nie. Laat vir jou kinders die kosbare kleinood van ‘n lewende nalatenskap na – ‘n boekie waarin al die familiebesonderhede en selfs interessante gewoontes, stokperdjies en meer oor familielede aangeteken is.
Hannetjie Pieterse het haar kosbare idees oor lewende nalatenskap onlangs met lede van die plaaslike Vroue Landbou Unie-tak (VLU) kom deel tydens hul maandelikse byeenkoms. Dit was dan ook die laaste VLU-byeenkoms vir die jaar.

As jy meer wil weet oor wat die dinamiese groep vroue by die VLU doen, en watter interessante aktiwiteite vir 2023 beplan word, gesels gerus met Annatjie Dreyer by 082 464 0204, of Bernadet van der Ende by 082 474 0304. Benewens interessante onderwerpe wat elke maand bespreek word, is daar ook demonstrasies waaruit jy beslis iets kan leer. Jy hoef nie ‘n lid van die VLU te wees nie, en hoef ook nie aan die VLU-projekte deel te neem nie. Kom geniet net die maandelikse byeenkomste saam met vroue wat graag hul belangstellings, stokperdjies en wenke vir nuwe vaardighede deel.



