‘n Man en vrou vermoedelik in hul dertigs, het Saterdagoggend gesterf in ‘n botsing op die N1 naby die Grasmere tolhek.
Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, is hulle na die toneel waar ‘n SUV teen die passasierskant van ‘n bakkie gebots het. Die bakkie het met die impak van die botsing gerol.
Die man en die vrou wat nog vasgekeer was in die bakkie, is deur paramedici met hul aankoms op die toneel dood verklaar.
Twee pasiënte in die SUV is ernstig beseer.




At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



