News

Uitsonderlike kunswerke dié naweek in Viljoenskroon te sien

Besonderse kunswerke kan hier gesien word. Maak gerus 'n draai.

Uitsonderlike kunswerke van ‘n verskeidenheid van kunstenaars sal hierdie naweek in Viljoenskroon besigtig kan word.

Die uitstalling word gehou in die Viljoenskroon Vernuwingsgemeente se kerkgebou en vind plaaas op Vrydag 18 November tussen 16:00 en 20:00 en Saterdag 19 November 10:00-14:00.

Kunstenaars wie se werke onder meer gesien kan word sluit in Tatu Somfula, Lida Stander, Suzette du Toit, Dan Molefi, Mandy van Maltitz, Duggie du Toit, Katleho Sehloho, Tandi Nhlapho, Leanne Culverwell, Danielle Crous, Jacques de Beer, Daniel Tlhadi en Thabo Phume.

Tatu Somfula is van Rammulotsi, Viljoenskroon. Hy skilder verskeie onderwerpe en maak gebruik van verskeie mediums waaronder olieverf, potloodsketse en charcoal. Sy portrette is uitsonderlik.

Van die werke van kunstenaar Jacques de Beer. Jacques is ‘n Nguni-stoetteler van Viljoenskroon en gebruik charcoal as medium.

Leanne Culverwell skilder graag seetonele en landskappe. Sy het op die ouderdom van 57 begin skilder na ‘n lang siekbed, en het aan die hand van kunstenaar Duggie du Toit geleer.

Daniel Tladi is gebore en het grootgeword in Stilfontein waar hy van jongs af ‘n liefde en aanvoeling vir kuns gehad het. Hy het homself die fynere tegnieke gelee,r en is sy werke al by verskeie ope uitstallings en kunsgallerye ten toon gestel. Hy skilder graag landelike en township tonele met olie, potlood, akriel en pastel as mediums.

Skilder is vir Suzette du Toit ‘n stokperdjie, “maar ek kan dit eintlik elke dag doen,” sê sy. Sy is lief daarvoor om Italiaanse en Franse tonele te skilder.

Duggie du Toit is ‘n wel bekende SA kunstenaar wat in 2019 oorlede is. Van sy werke is wêreldwyd verkoop en is hy veral bekend vir sy stillewe en gesigsketse.

Daniel Molefi gebruik herwinbare materiaal in sy besonderse kunswerke.

Lida Stander verkies waterverf as medium maar doen ook werk in akriel en olieverf. Sy is ook ‘n letterskilder en kombineer graag letterskilderwerk in haar kunswerke.

Katleho Segloho is gebore in Tikwana by Hoopstad en is ‘n visuele kunstenaar wat spesiaal in veral portrette.

Thabo Phume is ‘n jong, visuele kunstenaar van Bothaville. Sy skilderwerk en sketse in pastel, potloof en verf as medium, trek die aandag.

Danielle Crouse is van jongs af blootgestel aan die kunste. Haar ma is die wel bekend portretskilder Reshada Crouse. Danielle skilder meestal met olieverf. Sy vertel dat sy dikwels sommer in die kantlyn van haar notaboeke skets so tussendeur haar werk as strategiese konsultant. Sy geniet  dit ook om haar kinders die blootstelling aan die kunste en kunstenaars om hulle te gee.

 

Related Articles

Back to top button