News

Die Vaal se water is oor dié brug

Die Vaal galop wild

Nadat die watervlak van die Vaalrivier sedert gister, (Sondag 13 November) drasties gestyg het weens swaar reën en 8 sluise wat by Vaaldam oopgetrek is, loop die Vaal se water vanoggend 30-40cm oor die loopvlak van die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort-Koepel.

Op die foto is die Schoemansdrift-laagwaterbrug. 

Die laagwaterbrug na die Parys Golf & Country Estate was ook vanoggend onder water.

Die laagwaterbrug na Gholfeiland in Parys was vanoggend onder water. 

Die foto is vanoggend, Maandag 14 November by die ingang na die Parys Golf & Country Estate geneem. 

So het dit Sondag 13 November nog gelyk. 

Vaaldam is  106% vol met water wat teen 1 162 kubieke meter per sekonde uitgelaat word. Bloemhofdam is nou 105% vol.

Vaaldam sal steeds vandag 8 sluise oophê terwyl die uitvloei by Bloemhofdam verhoog word na 1 400 kubieke meter per sekonde vanaf 10:00 vanoggend (Maandag 14 November) en dan nog verder verhoog word na 1 600 kubieke meter per sekonde teen 12:00 vandag.

Related Articles

Back to top button