News

Mooirivier Kersmark gaan ‘n belewenis vanjaar wees

Meer as 90 uitgesoekte uitstallers sal kwaliteit goedere teen bekostigbare pryse aan inkopiegangers bied.

Die Mooirivier Kersmark vind vanjaar van 24 November tot 3 Desember plaas en beloof om iets van alles aan te bied om die Kersseisoen behoorlik te laat skitter.

Meer as 90 uitgesoekte uitstallers sal kwaliteit goedere teen bekostigbare pryse aan inkopiegangers bied.

Om elke hoek en draai sal iets wees wat jou aandag trek en jou sal verras. Vergeet van moeë voete, min verskeidenheid en duur impulsiewe besluite omdat jy net nie daardie spesiale Kersgeskenk kan kry nie. Dié mark bied ‘n legio keuses: opvoedkundige speelgoed, mansgeskenke, dekor-items, klere, leeren houtgeskenke, juweliersware, boeke, bykomstighede en allerlei lekkernye.

Wanneer jy tussendeur ‘n versterking nodig het, is daar ‘n restaurant wat heerlike bekostigbare ligte etes, vars gebak en ietsie te drinke bedien.

Daar is saans vanaf om 17:30 ook ‘Die Tafel’ wat elke aand ‘n spesiale buffet-ete te koop aanbied wat ook huis toe geneem kan word.

Hou die Facebook-blad, dop vir die spyskaart.

Vanjaar is die Covid-19 pandemie nie meer op die voorgrond nie, wat ‘n meer normale inkopie-ervaring sal skep. Daar was ook die afgelope paar jaar ‘n sosiale media kompetisie met twee geskenkpakke wat uitstallers geskenk het.

Die deelname was gewild en gelukkige pryswenners het met groot pryse weggestap. Vanjaar word die Kersmark vir die 14de keer aangebied vir nege dae sodat daar genoeg tyd is vir almal om hul Kersaankope te doen.

Marktye is van Maandae tot Saterdae van 9:00 tot 20:00, wat ook die werkendes ‘n kans gee om rustig rond te snuffel. Op die laatste dag, Saterdag, 3 Desember sluit die mark om 16:00.

Geskenkbewyse is deur die jaar beskikbaar en is by die Gereformeerde Kerk, Potchefstroom-Oos in Paryslaan, te koop. Vir enige navrae kontak Adele Delport by (018) 290 7690 of stuur ‘n e-pos na [email protected].

Vir meer inligting besoek en ‘like’ Mooirivier Kersmark se sosiale blaaie: WebbladFacebook: 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button