News

Daar is ‘n nuwe gesig by Parys Info

In die Parys Info-kantoor is daar ‘n nuwe gesig wat jou verwelkom. Doreen Keyser het vanaf 1 November die leisels by Louise Kenny as kantoorbestuurder oorgeneem. Doreen is die afgelope 23 jaar ‘n Parysenaar. Na 18 jaar in die eiendomsbedryf is hierdie vir haar ‘n nuwe uitdaging wat sy met entoesiasme aanpak, gesels sy. Sy …

In die Parys Info-kantoor is daar ‘n nuwe gesig wat jou verwelkom. Doreen Keyser het vanaf 1 November die leisels by Louise Kenny as kantoorbestuurder oorgeneem. Doreen is die afgelope 23 jaar ‘n Parysenaar. Na 18 jaar in die eiendomsbedryf is hierdie vir haar ‘n nuwe uitdaging wat sy met entoesiasme aanpak, gesels sy. Sy ken die dorp deur en deur en gesels passievol oor Parys, sy mense, en die gasvryheid waarmee besoekers hier verwelkom word.

“Ons het alles hier, en die dorp se ligging maak dit ‘n wenkeuse – of jy net vir ‘n dag wil kom om die plattelandse rustigheid te geniet, of ‘n naweek gelaai met pret buitelewe aktiwiteite. Na die lang Covid-grendelmaande wat die bedryf groot skade berokken het, is almal vuur en vlam om ons toeriste met ope arms te verwelkom,” sê Doreen.

Sy vertel ook opgewonde van Parys Info se nuwe webtuiste. Gaan loer gerus na die Parys Info Centre Facebook blad, of kom maak ‘n draai by die Info-kantoor Dinsdae tot Vrydae 09:00-16:30, en Saterdag 09:00-13:00. Die Info-kantoor kan ook geskakel word by (056) 811 4 000, of stuur e-pos met jou navraag na info@infoparys.co.za.

Doreen is verlede week by die maandelikse Parys Business Network byeenkoms verwelkom. “Mense is mal oor Parys” Louise het die geleentheid gekry as gastehuisbestuurder in Langebaan en verhuis eersdaags. Sy was vir vyf jaar en nege maande die vriendelike stem wat jy gehoor het wanneer jy die Info-kantoor geskakel het, en was dit ook haar glimlag wat toeriste en besoekers aan die dorp, maar ook- inwoners verwelkom het wanneer hier by die kantoor in Waterstraat aangeklop is met al wat navraag is oor van akkommodasie en aktiwiteite, tot navrae vir straatkaarte, en waar jy wat sal kry.

“Ek gaan die koppies tee en geselsies mis,” sê sy. Daar was baie wat elke week sommer net kom inloer het vir ‘n koppie tee, om te groet, of net iets te vra. Louise het in Parys skoolgegaan en hoewel sy na haar studie ‘n tyd uit die dorp was, was sy die afgelope agt jaar hier gevestig.

Sy vertel dat toerisme die laaste tyd ook ‘n klemverskuiwing gehad het met minder instap navrae, en meer telefoniese navrae en aanlyn besprekings. “Mense is mal oor ons dorp,” sê sy, as sy vertel van wat sy die afgelope meer as vyf jaar by die Info-kantoor beleef het. “I had the time of my life,” sê sy.

Die Kerspartytjie vir minderbevoorregte kinders wat sy help reël het saam met Red Ribbon en ongelooflike borge, die funksie vir weermagveterane by Udolpho, en die Community Hours projekte van St Johns, sal haar bybly as van die hoogtepunte van haar tyd by die Info-kantoor

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button