News

Gholfdag help om fondse in te samel vir projekte in Sanparke

‘n Volbaan van 104 spelers van regoor Suid-Afrika, asook twee internasionale spelers, het op Vrydag 28 Oktober op die Vaal de Grace-gholfbaan afgeslaan vir die SanParke Ereveldwaters gholfdag. Die dag was ‘n fondsinsamelingsprojek waarmee gehelp word om projekte in ons Suid-Afrikaanse Nasionale Parke te ondersteun. Buiten die gholf is spelers by die putjies besig gehou …

‘n Volbaan van 104 spelers van regoor Suid-Afrika, asook twee internasionale spelers, het op Vrydag 28 Oktober op die Vaal de Grace-gholfbaan afgeslaan vir die SanParke Ereveldwaters gholfdag.
Die dag was ‘n fondsinsamelingsprojek waarmee gehelp word om projekte in ons Suid-Afrikaanse Nasionale Parke te ondersteun.
Buiten die gholf is spelers by die putjies besig gehou met n malvalekker dryf kompetisie, ‘n mis raai kompetisie by die Ereveldwagters puitjie en ‘n hommeltuig en kamptoerusting uitstalling.
Die wenners van die Betterball Stableford kompetisie was Jacque Davel en Wynand Venter.
Fondse van die dag is aangevul met ‘n veiling waar items soos n skildery van die talentvolle Renier Oosthuizen aangebied is, ‘n foto van n berghaan deur die bekende Ilna Booysen, ‘n wildrit by The Savannah Africa en n riviervaart van Stonehenge.
Die Renosterbeeld wat in 1999 deur Tom Yssel gemaak is, ‘n oud veldwagter van die Kruger Wildtuin wat n aanval deur n krokodil oorleef het, het die hoogste prys behaal.
Die SANParke Ereveldwagters Bankenveld Streek sê dankie aan elkeen wat die fondsinsamelingsgholfdag ter wille van natuurbewaring ondersteun het.
Oor SanParke
SANParke Ereveldwagters is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie en het ook status verwerf as ‘n Openbare Weldaads Organisasie.
Hulle help met vrywillige, publieke ondersteuning van projekte in ons Suid Afrikaanse Nasionale Parke. Vir navrae oor SANParke Ereveldwagters kontak Nicolette van Brakel by bankenveldmarketing@gmail.com
Die Baan
Die Vaal de Grace Gholfbaan is die eerste Nick Price-baan in Suid Afrika en het 14 putjies in die Noordwes Provinsie, en vier putjies in die Vrystaat.

Related Articles

Back to top button