News

Moenie weggooi nie – dié kerk kan dit gebruik

As jy bourommel het waarvan jy ontslae wil raak – moenie dit weggooi nie. Die Christen-gemeente in Schonkenville soek na enige boumateriaal waarvoor mense nie meer nut het nie, sê Herman Johnson, hoofleier van die gemeente. Hy sê mense kan pleks daarvan om dit by die stortingsterrein af te laai, dit afgee vir die kerk …

As jy bourommel het waarvan jy ontslae wil raak – moenie dit weggooi nie.
Die Christen-gemeente in Schonkenville soek na enige boumateriaal waarvoor mense nie meer nut het nie, sê Herman Johnson, hoofleier van die gemeente.
Hy sê mense kan pleks daarvan om dit by die stortingsterrein af te laai, dit afgee vir die kerk by Vyfdestraat 235, Schonkenville, want die bourommel kan help om die laaste bouwerk klaar te maak by die gemeente se nuwe kerkgebou.
Gemeentelede bou al vir meer as twee jaar self aan ‘n nuwe kerkgebou en is die steenwerk voltooi, die kerk se dak is op, en die pleisterwerk so te sê klaar. Daar word gehoop om dalk reeds teen die begin van Desember eredienste in die nuwe kerkgebou te hou, met die amptelike inwyding waarskynlik teen Februarie 2023.
Die gemeente het voorheen kerk gehou in ‘n sinkstruktuur, maar het dit net té klein en té warm in die somermaande geword om dienste hier te kon hou. Aanvanklik is in ‘n huis kerk gehou, en later is die gemeenskapsaal in Schonkenville vir eredienste gehuur.
In 2020 is begin om steen vir steen te bou aan die droom van ‘n kerkgebou vir die gemeente wat in die laat tagtigerjare gestig is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button