News

Hoërskool Parys gee erkenning aan sy uitblinkers vir 2022

Hoërskool Parys het verlede week erkenning gegee aan sy uitblinkers vir 2022. Anné Kruger is vanjaar se Dux-leerder met ‘n skitterende akademiese gemiddeld van 91,3%. Sy ontvang ook die Suumque-trofee. Dié toekenning word jaarliks oorhandig aan die matrikulant wat in hul graad 11 en 12 jaar op ten minste vier gebiede die skool verteenwoordig en …

Hoërskool Parys het verlede week erkenning gegee aan sy uitblinkers vir 2022. Anné Kruger is vanjaar se Dux-leerder met ‘n skitterende akademiese gemiddeld van 91,3%. Sy ontvang ook die Suumque-trofee. Dié toekenning word jaarliks oorhandig aan die matrikulant wat in hul graad 11 en 12 jaar op ten minste vier gebiede die skool verteenwoordig en presteer het. Sy is ook aangewys as die tweetaligste leerder.

Brigitta van der Hoven en Kaylyn Vertenten ontvang die vakskilde onderskeidelik vir wiskunde graad 12 (94%) en fisiese wetenskap graad 12 (86%).

Hanné Hayes en Dregan Brink is onderskeidelik as vanjaar se Veelsydigste Sportvrou en Veelsydigste Sportman aangewys. Dregan ontvang ook die skool se Meriete Sporttoekenning. Die skool se Sportvrou van die Jaar is Bay-Linn Oelose, en die Sportman van die Jaar Zak Naudé.

Die trofee vir die Veelsydigste kultuurprestasie vir seuns is toegeken aan Zak Thirion, en vir dogters aan Megan Daniel.Die trofee vir die Beste Kultuurprestasie vir dogters word gedeel deur Kaylyn Vertenten en Anné Kruger, terwyl Diaan Brink met die trofee vir die Beste Kultuurprestasie vir seuns beloon is.

Ander trofee-wenners:

Henk Small (Beste junior redenaar) en Diaan Brink (Beste senior redenaar). Bay-Linn Oelofse (Beste swemmer), MW Supra (Beste junior skut) en Zack Pieterse (Beste senior skut), Claudio Fernandes (Beste seunstennisspeler), Brigitta van der Hoven (Beste dogterstennisspeler), Mia Ferreira (Beste tennisprestasie), Mianké Croucamp (Beste junior netbalspeler) en Anuschca Gerber (Beste senior netbalspeler), Suré de Swardt (Beste dogtersmuurbalspeler) en Nico Rust (Beste seunsmuurbalspeler), Hanné Hayes (Beste dogtersatleet) en Zak Naudé (Beste seunsatleet en Atleet van die jaar). Kyle Kruger (Beste junior rugbyspeler), Pieter Joubert (Beste rugbyvordering) en Diaan Brink (Beste senior rugbyspeler en beste rugbyprestasie) George Marais (Beste junior krieketspeler) en Marnus Roets (Beste senior krieketspeler).

 

 

Related Articles

Back to top button