News

Harde werk beloon vir die dramastudente

Geluk aan hierdie leerders

Dramastudente van Parys het hierdie jaar weer besonder goed presteer waar hulle die Vrystaat en Noordwes-provinsies verteenwoordig het by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste (SACOPA) wat vroeër vandeesmaand in Rustenburg gehou is.

Vivienne van der Schyff behaal in die solo-kategorie 13-15 jaar ‘n goue, silwer en bronsmedalje, en vir haar groepsdeelname 4 goue en 4 silwermedaljes. Sy palm ook drie bronsmedaljes op die loopplank in.

Reuben de Jager het in die drama-kategorie vir 5-7 jaar 6 goue medales, 3 silwermedaljes en ‘n bronsmedaljes verwerf. Vir sy groepsdeelname ontvang hy 8 goue en 2 silwermedaljes. Reuben se sussie, Carli, het op haar beurt gespog met 3 goue, 5 silwer en ‘n bronsmedalje vir drama solo 8-10 jaar. In groepsverband ontvang sy 8 goue en 2 silwermedaljes.

Vivienne, Carli en Reuben is dramastudente van die Linda Theron Dramaskool.

Nog ‘n Parysenaar, Amoré Britz het met haar SACOPA deelname geskitter met ‘n bronsmedalje vir drama, en ‘n silwermedalje vir modelwerk.

Henk Small het vir sy drama-deelname ‘n silwer en ‘n bronsmedalje ontvang.

Sy sussie Mieke het die Noordwes-provinsie vir drama verteenwoordig. Vivienne, Carli, Reuben en Mieke is ingesluit in die SA span vir deelname aan die Wêreldkampioenskappe in 2023.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button