News

Drama toe verskaffer moeilik raak by watersuiweringsaanleg

Ongelukkigheid oor betaling

‘n Drama het hom vanoggend by die Vredefort watersuiweringsaanleg afgespeel toe een van die Ngwathe munisipaliteit se verskaffers van chemikalieë vir die suiweringsaanleg op Vredefort, geweier het dat ‘n kontrakteur wat vir ‘n ander chemikalieë verskaffer ‘n aflewering by die aanleg kom doen het, die perseel kon verlaat.Die ontevredenheid het daaroor gegaan dat die verskaffer wat nie vandag se voorraad gelewer het nie, glo vir ‘n geruime tyd nie deur die munisipaliteit betaal is nie. Die situasie is tydelik ontlont nadat raadslede Arnold Schoonwinkel en Saal de Jager die verskaffer telefonies in verbinding gebring het met die hoof finansië beampte. Daar is na wat verneem is van rdl. Schoonwinkel, ooreengekom op ‘n gedeeltelike betaling vir die verskaffer, en is die kontrakteur daarna toegelaat om die aanleg te verlaat. Rdl Schoonwinkel sê daar is ‘n verstandhouding met kontrakteurs wat chemikalieë aan die suiweringsaanlegte lewer om hul betalings grotendeels te kry wanneer die munisipaliteit sy sogenaamde ‘equitable shares’ uitbetalings ontvang.
Net soos in Parys, is daar al ‘n geruime tyd groot ongelukkigheid in Vredefort en die Mokwallo-woonbuurt oor die Ngwathe munisipaliteit se onvermoë om ononderbroke water aan al die inwoners van die dorp te kan lewer. Daar was veral fel kritiek oor die geld wat spandeer is vir werk by die suiweringsaanleg, maar wat nie die kapasiteit van die aanleg vergroot het nie wat beteken dat mense steeds knaend sonder water sit. Met die raad se infratruktuurkomitee se vroeëre besoek aan die aanleg het rdl. De Jager verskeie probleme uitgewys met die werk wat gedoen is, maar is die kontrakteur ten volle betaal. Gazette het verlede week berig oor ‘n protesoptog wat gehou is na die Vredefort munisipale kantore waar ‘n memorandum oorhandig is met griewe en eise van inwoners oor die dorp se watersituasie.
Die infrastruktuurkomitee tesame met die munisipaliteit se tegniese bestuurder sou ook vandag, Dinsdag 1 November, die Parys en Vredefort watersuiweringsaanlegte besoek het om te kyk hoe die Sibanye Stillwater kundiges se voorstelle by die aanlegte geimplementeer kan word.

  • The copyright to this information resides with The Parys Gazette and may be shared as a link to the original or refence to the author but may not be copied without the explicit permission of the author.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button