Nou gaan jy betaal dat jy hik vir diesel
Motoriste met dieselvoertuie gaan na verwagting die week die hande heelwat dieper in die sak moet steek wanneer die brandstofverhoging Woensdag in werking tree. Daar is reeds sprake dat die dieselprysstyging die tweede hoogste vanjaar kan wees en dat vir diesel met ‘n 0,05% swaelinhoud R1,55 per liter meer betaal sal moet word, en vir …

Motoriste met dieselvoertuie gaan na verwagting die week die hande heelwat dieper in die sak moet steek wanneer die brandstofverhoging Woensdag in werking tree.
Daar is reeds sprake dat die dieselprysstyging die tweede hoogste vanjaar kan wees en dat vir diesel met ‘n 0,05% swaelinhoud R1,55 per liter meer betaal sal moet word, en vir diesel met ‘n swaelinhoud van 0,005% R1,57 per liter meer.
In Julie vanjaar was daar ook ‘n skerp styging vir dieselgebruikers ‘toe die prys van diesel met R2,31 per liter verhoog is.
Vir die petrolprys word ‘n verhoging van 64c per liter vir 95-oktaan, en 68c vir 93-oktaan voorspel
Die finale prysstygings is egternog nie bekendgemaak nie.



