News

Man in hegtenis vir onwettige dade met seuns

‘n Middeljarige man wat voorheen in die Carletonville gewoon het, is onlangs weer in verband met verskeie onwettige dade met seuns in hegtenis geneem.

Volgens die polisie is die 56-jarige man, wat voorheen in Welverdiend en Deelkraal gewoon het, vroeër die maand in Bela-Bela in hegtenis geneem nadat die polisie vir ‘n tyd na hom gesoek het.
‘n Lasbrief is vir sy arrestasie uitgereik en deur die land gesirkuleer.
Hy het reeds op aanklagte van verkragting en seksuele gereedmaking (grooming) van vyf minderjarige seuns in die landdroshof in Oberholzer verskyn. Hy is steeds in aanhouding en moet Vrydag, 28 Oktober weer in dieselfde hof verskyn.
Dieselfde man is ook in 2020, toe hy in Deelkraal gewoon het, in verband met beweerde onsedelike dade met seuns in hegtenis geneem. Die sake word deur die polisie se provinsiale eenheid vir gesinsgeweld, seksuele oortredings en kinderbeskerming ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button