News

Uitslae van opvolgwatertoetse skokkend, sê AfriForum

"Onrusbarend dat howe die probleem ontken"

Die AfriForum-tak in Parys het Maandag weer die drinkwater in Parys laat toets om vas te stel om vas te stel of die watergehalte verbeter het. Die burgerregte organisasie het vandag in ‘n verklaring gesê die uitslae was egter “skokkend en swakker as ooit”.

Gevolglik het die AfriForum-tak  gewaarsku dat dit raadsaam is om die water eers te kook voor gebruik.

AfriForum sê in die verklaring die watermonsters is geneem deur die bestuurder van ‘n geakkrediteerde laboratorium, met ’n waterspesialis in toesighoudende hoedanigheid om toe te sien dat die toetsing reg gedoen word, in die teenwoordigheid van AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, Alta Pretorius.

Die watermonsters is geneem by ’n onderneming in Waterstraat (by herhaling), ’n huis in Tumahole (by herhaling), ’n watertenker by die waterwerke wat pas volgetap is om aan inwoners te gaan uitdeel, met ander woorde direk by die uitloop van die watersuiweringswerke, en by Vaal de Grace, wat die verste punt is waar munisipale water gelewer word. Die span wou by ’n skool in Tumahole ook ’n monster neem, maar daar was nie water nie, sê Pretorius.

Pretorius sê sedert die vorige toetse wat in September geneem is, het die watergehalte beduidend verswak, en sê sy voorts dat dit onrusbarend is, dat die munisipaliteit en die howe die probleem ontken. “Die munisipaliteit lewer hierdie besmette water aan inwoners sonder ’n waarskuwing om dit eers te kook,” word gesê in die verklaring.

 “Dit is werklik skokkend dat ’n munisipaliteit, wat eintlik daar is om die gemeenskap te dien wat hulle salarisse betaal, bereid is om water van hierdie uiters lae standaard aan die inwoners te lewer. Ek is bevrees dat hierdie ’n tydbom is. Dit sal baie sleg wees as inwoners eers ernstig siek moet word voordat daar iets aan hierdie situasie gedoen word. Ons vra inwoners wat siek word as gevolg van die water, om dadelik met ons in aanraking te kom,” het Pretorius gesê.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button