News

AfriForum Parys-tak rig dringende brief aan Eskom en Ngwathe Munisipaliteit

 AfriForum se Parys-tak het vanoggend ’n dringende brief aan Eskom en die Ngwathe Munisipaliteit gerig oor die dorp se kragkrisis.  Dié tak het ook ’n dringende vergadering met Eskom versoek om ’n volhoubare oplossing, soos alternatiewe kragvoorsiening, vir die probleem te vind. In die verklaring word gemeld dat daar ongelukkigheid is oor boodskappe aan verbruikers …

 AfriForum se Parys-tak het vanoggend ’n dringende brief aan Eskom en die Ngwathe Munisipaliteit gerig oor die dorp se kragkrisis.  Dié tak het ook ’n dringende vergadering met Eskom versoek om ’n volhoubare oplossing, soos alternatiewe kragvoorsiening, vir die probleem te vind.

In die verklaring word gemeld dat daar ongelukkigheid is oor boodskappe aan verbruikers wat waarsku dat krag afgesny sal word binne 48 uur as agterstallige rekeninge nie betaal word nie. AfriForum sê in sy verklaring dat dit strydig is met munisipale verordening waarvolgens ‘n rekeninghouer 14 dae vooraf skriftelik in kennis gestel moet word voordat sy/haar krag afgesny word Die tak sê hy sal inwoners van Parys ook teen hierdie tipe uitbuiting beskerm.

“Dis skreiend dat inwoners  wat reeds vuisvoos is van die gebrek aan krag en water nog so gestraf moet word.” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Petrus Coetzee, raadgewer vir plaaslike regeringsake by AfriForum sê voorts dat dit kommerwekkend is dat die munisipaliteit nie hulle eie verordeninge korrek implementeer nie. Dit is daarom krities dat AfriForum se Parys-tak ’n waghondfunksie op plaaslike regeringvlak toepas,  sê hy en voeg by dat hulle die situasie in Parys sal monitor en verdere stappe oorweeg indien nodig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button