News

Regering gaan van Eskom-skuld oorneem

Só lyk die plan

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het vandag in die regering se mediumtermynbegrotingsraamwerk, aangekondig dat die regering ‘n deel van Eskom se skuld van by die R400 miljard gaan oorneem. Daar is egter nie bekendgemaak hoe dit sal werk nie. Die besonderhede sal eers in die Februarie begroting gegee word.

Daar is ook uiteengesit hoe die regering sy staatskuld wil verlig en gepraat oor die verlenging van die R350 Covid-19 armoedetoelae tot en met Maart 2024. Dan is daar ook planne vir ekstra ramphulp vir die KwaZulu Natal provinsie en hulp aan die sukkelende Transnet, Sanral en Denel.

Wat die Gauteng e-tol kwessie betref gaan die regering  70% van Sanral se skuld van R47 miljard oorneem, terwyl 30% van die skuld deur die Gautengse provinsiale regering oorgeneem word. Die provinsie sal dan self  kan besluit of hy voortgaan met E-tol om kostes vir die instandhouding van paaie te dek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button