
Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het vandag in die regering se mediumtermynbegrotingsraamwerk, aangekondig dat die regering ‘n deel van Eskom se skuld van by die R400 miljard gaan oorneem. Daar is egter nie bekendgemaak hoe dit sal werk nie. Die besonderhede sal eers in die Februarie begroting gegee word.
Daar is ook uiteengesit hoe die regering sy staatskuld wil verlig en gepraat oor die verlenging van die R350 Covid-19 armoedetoelae tot en met Maart 2024. Dan is daar ook planne vir ekstra ramphulp vir die KwaZulu Natal provinsie en hulp aan die sukkelende Transnet, Sanral en Denel.
Wat die Gauteng e-tol kwessie betref gaan die regering 70% van Sanral se skuld van R47 miljard oorneem, terwyl 30% van die skuld deur die Gautengse provinsiale regering oorgeneem word. Die provinsie sal dan self kan besluit of hy voortgaan met E-tol om kostes vir die instandhouding van paaie te dek.



