Entertainment

Interessante geologie-uitstappie in die Koepel

Sy unieke geologie is die rede hoekom die Vredefort Koepel reeds in 2005 as wêrelderfenisgebied verklaar is, maar vele mense, inwoners sowel as besoekers, weet weinig meer as dat ’n baie groot klip baie lank gelede hier geval het.

Op Saterdag 23 Mei verduidelik die koepelkenner, professor Frans Waanders van die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom die samehang tussen hierdie geweldige gebeurtenis van 2000 miljoen jaar gelede en die huidige topografie van die gebied.

Verskeie plekke waar die versteekte leidrade in die klippe besonder duidelik is, sal besoek word – plekke wat nie normaalweg toeganklik is nie. Deelnemers aan die uitstappie, wat tot ongeveer 15:00 sal duur, ontmoet om 10:00 by die Parys Info-kantoor. Bring asseblief eie vervoer, geskikte skoene, en ’n piekniekmandjie vir middagete saam.

Die koste beloop R50 per persoon. Belangstellendes kan by Gerhard (083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za) bywoning bevestig. Hierdie uitstappie word deur die Bewarea gereël.

Die volgende uitstappie sal in Augustus plaasvind met volhoubare argitektuur as tema.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button