
parkrunners wat gereeld die Egweni River Lodge parkrun op ‘n Saterdagoggend doen, maar veral ook besoekende parkrunners, ken sonder twyfel dié kleurvolle fotoraam wat spesiaal sowat 3 jaar gelede deur Annemarie Ferreira vir parkrun in Parys gemaak is, en toe saamgetrek is na die Egweni River Lodge parkrun.
Vir menige parkrunner was dit juis ‘n groot hoogtepunt om ‘n kiekie met die raam te kon neem en te deel met vriende, familie en ander parkrunners.
En nou is hierdie kleurvolle en unieke raam skoonveld.
Enigeen wat moontlik weet waar die raam is of kan help om dit terug te vind, skakel asseblief vir Annemarie by 083 232 0480.

Die foto van twee parkrun deelnemers in die unieke Egweni River Lodge parkrun-raam, is geneem in Oktober 2021 toe parkrun in Parys weer kon begin ná lang grendelmaande. Die opening van die Egweni River Lodge parkrun is ook bygewoon deur Comrades-legende, en hoof uitvoerende beampte van parkrun SA, Bruce Fordyce.





