NewsNews

Skenk bloed vir Moedersdag

Moedersdag word hierdie maand gevier en ons is bewus van die belangrike rol wat hierdie spesiale mense in ons lewens speel. Moeders is van die mees algemene gebruikers van bloed weens komplikasies tydens geboorte. Maak seker dat daar genoeg bloed vir ons moeders is.

Moedersdag word hierdie maand gevier en ons is bewus van die belangrike rol wat hierdie spesiale mense in ons lewens speel. Moeders is van die mees algemene gebruikers van bloed weens komplikasies tydens geboorte. Maak seker dat daar genoeg bloed vir ons moeders is.
Elke jaar sterf meer as 500 000 vroue onnodig tydens swangerskap of bevalling. Ernstige bloeding sonder toesig kan selfs ‘n gesonde vrou binne twee ure laat sterf en dra by tot die dood van tot soveel as 44% van moeders in Afrika. Tot en met 25% van alle moedersterftes kan voorkom word deur toegang tot veilige bloed.Bykans 26% van bloed in Suid-Afrika word jaarliks gebruik vir vroue wat ‘n bloedoortapping benodig tydens bevalling of vir ginekologiese gevalle. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) eer alle vroue-skenkers wat gereeld bloed skenk om die lewens te red van mense wat hulle nie ken nie. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens nooi ook die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 10 Mei by die Hervormde Kerksaal vanaf 13:00 tot 19:00. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te samel. Vredefort-inwoners kan bloed skenk op Maandag 9 Mei by die Biblioteek vanaf 10:00 tot 14:00.Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer 3 000 eenhede bloed per dag. Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput.
Om ʼn bloedskenker te word moet jy:
· Tussen die ouderdom van 16-65 wees
· Meer as 50kg weeg
· Iets voor jou skenking eet
· ʼn Veilige seksuele leefstyl lei
· Gesond wees op die dag van skenking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button