News

‘n Dag vir die geskiedenisboeke

Rolbalklubs meet kragte

Parys en Sasolburg se rolbalklubs het ‘n geskiedkundige dag beleef toe hulle mekaar op Parys se bane die stryd aangesê het vir die Interklub Uitdaag Presidents-trofee.
Parys het as oorwinnaars van die baan gestap met ‘n 28 – 14 oorwinning. Die beste span van die dag was Dries de Jager, Poena Olivier en Yvonne Olivier.

Die beste span van die dag was Poena Olivier, Yvonne Olivier en Dries de
Jager

Goeie vriende is gemaak, en sal die interklub uitdaging volgende jaar op die Sasolburg bane beslis word.

Die president van die Sasolburg-rolbalklub, Joggie Viljoen, oorhandig die trofee aan die president van die Parys-rolbalklub, Dries de Jager.

Related Articles

Back to top button