Bekende gesig vir Parysenaars in Die Real Housewives of Pretoria
Moenie vanaand die aksie mis op Die Real Housewives van Pretoria

Kykers het Donderdagaand, 13 Oktober vir die eerste keer kennis gemaak met die ses vroue in die KykNet-reeks, Die Real Housewives van Pretoria. Onder dié vroue in die reeks is Rhona Erasmus, skoondogter van Jan en Henriëtte Erasmus van Parys. Rhona is getroud met Wikus Erasmus, ‘n gebore en getoë Parysenaar. Dié twee het mekaar as onderwysers ontmoet toe hulle skoolgehou het.

Rhona was ook vroeër een van die Top 10 deelnemers aan die Mev. Suid-Afrika kompetisie waar sy tydens haar deelname ‘n kategorie-prys gewen het.
Maar bo en behalwe haar innerlike en uiterlike skoonheid wat sy uitstraal, is Rhona ook ‘n knap sakevrou wat twee baie suksesvolle ondernemings bedryf – Trouvaille Boutique Day Spa en die Midstream College Baby House op die Midstream-landgoed.
Sy is sedert sy 10 jaar oud is, ‘n Pretorianer in murg en been.

Moenie die aksie en drama van Die Real Housewives van Pretoria mis wat Donderdae aande om 20:00 op KykNet (DSTv-kanaal 144) uitgesaai word. Die reeks gee kykers ‘n blik op die professionele en persoonlike lewens van ses vroue van Pretoria – Renske Lammerding, Marié Bosman, Talana Vuren-Kuhn, Kiki La Coco, Mel Viljoen en Rhona Erasmus.
Die oorspronklike reeks het in 2006 in Amerika met The Real Housewives of Orange County begin.





