
As jy gedink het jy moet kophou met ‘n gewone werksdag se verpligtinge, moet jy sien wat gaan beurtkrag dié week met jou doen.
Vandag, Dinsdag 18 Oktober kan jy nog tot middernag fase 4 beurtkrag te wagte wees.
As jy die slaap uit jou oë uitvee Woensdagoggend 19 Oktober, is jy al op fase 2 wat geld van Dinsdag middernag tot Woensdagoggend 05:00.
Kook dan maar die ketel en kry jou beplanning reg want om 16:00 Woensdag 19 Oktober skop fase 3 beurtkrag weer in tot middernag.
Donderdag 20 Oktober kan jy jou weer reghou vir ‘n fase 3 beurtkrag wat geld tussen 16:00 en middernag.
En Vrydag 21 Oktober is ons terug op fase 2 van 16:00 tot 24:00.
Kophou, en tande kners vir dié 2,3,4 kraglose ure.



