NewsNews

Ouma (65) vermoor – Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK. – ‘n Geliefde inwoner van Flora Gardens is verlede week wreed in haar huis vermoor.

VANDERBIJLPARK. – ‘n Geliefde inwoner van Flora Gardens is verlede week wreed in haar huis vermoor.

Alice Snyman (65), ‘n inwoner van Protealaan is vermoedelik Vrydagmiddag, 22 April in haar huis deur rowers oorval. Alice se huiswerker Regina Bam het omstreeks 10:00 Saterdagoggend onraad vermoed toe Alice nie antwoord nie, en sy gesien het dat die hekkie aan die kant van die huis oop is.

Regina het Alice se lyk in haar kamer gevind en na ‘n buurman gehardloop.
Voorlopige aanduidings is dat Alice verwurg is en dat twee van haar vingers afgeknip is. Die rowers het hoofsaaklik kruideniersware gesteel en haar motor geplunder.

Volgens bure was Alice baie siek aan kanker en het sy ‘n tydjie gelede gehoor dat dit in remissie is. Alice was baie geliefd en het nooit geskroom om vir ander te gee nie, al was sy self nie welaf nie.

AfriForum-buurtwaglede en lede van Flora Gardens se buurtwag het dadelik die toneel afgesper terwyl hulle vir die polisie gewag het. Hulle het die veld gefynkam vir leidrade en spore gevind wat gelei het in die rigting van Alex Roadhouse. Hulle het ook Alice se motorsleutels in die veld gevind, asook van die kos wat gesteel is.

Alice se kleinseun, Machiel van Niekerk, was op die toneel en het aan Vaalweekblad vertel dat hy nog Saterdagmiddag met sy ouma gepraat het. Alice se dogter, Magda van Niekerk en haar man Jannie werk in Botswana. Hulle het dadelik hierheen gekom en reeds Saterdag om 23:00 in Sasolburg aangekom.

Die gemeenskap stap vandag (Woensdag, 27 April) om 16:00 vanaf Alice se huis in die omgewing van Flora Gardens ter herdenking van Alice.
Die begrafnis is Vrydag, 29 April om 14:00 by die NG Sasolburg Fonteine.

* Die AfriForum-buurtwag werk baie nou saam met die polisie en sekuriteitsfirmas en lede van die publiek word gevra om by hulle WhatsApp groepe aan te sluit om sodoende enige verdagte bedrywighede te kan aanmeld.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button