News
Drie voor hof vir roof by sakeonderneming
Drie verdagtes sal Maandag hier in die landdroshof in Parys verskyn op ‘n klag van besigheidsroof. Dit volg nadat die mans in Zamdela, Sasolburg, gearresteer is vir ‘n rooftog op Sondag 9 Oktober by ‘n onderneming waar hulle ‘n onbekende bedrag kontant, twee selfone en sigarette geroof het, nadat hulle ‘n vuurwapen op die winkeleineaar …

Drie verdagtes sal Maandag hier in die landdroshof in Parys verskyn op ‘n klag van besigheidsroof.
Dit volg nadat die mans in Zamdela, Sasolburg, gearresteer is vir ‘n rooftog op Sondag 9 Oktober by ‘n onderneming waar hulle ‘n onbekende bedrag kontant, twee selfone en sigarette geroof het, nadat hulle ‘n vuurwapen op die winkeleineaar gerig het.
Een van die verdagtes word ook verbind met ‘n voertuigdiefstalsaak. Die voertuig is in September in Sasolburg gesteel tydens ‘n huisroof.
Die verdagtes is tussen die ouderdom van 32 en 48 jaar oud.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



