News

Drie voor hof vir roof by sakeonderneming

Drie verdagtes sal Maandag hier in die landdroshof in Parys verskyn op ‘n klag van besigheidsroof. Dit volg nadat die mans in Zamdela, Sasolburg, gearresteer is vir ‘n rooftog op Sondag 9 Oktober by ‘n onderneming waar hulle ‘n onbekende bedrag kontant, twee selfone  en sigarette geroof het, nadat hulle ‘n vuurwapen op die winkeleineaar …

Drie verdagtes sal Maandag hier in die landdroshof in Parys verskyn op ‘n klag van besigheidsroof.
Dit volg nadat die mans in Zamdela, Sasolburg, gearresteer is vir ‘n rooftog op Sondag 9 Oktober by ‘n onderneming waar hulle ‘n onbekende bedrag kontant, twee selfone  en sigarette geroof het, nadat hulle ‘n vuurwapen op die winkeleineaar gerig het.
Een van die verdagtes word ook verbind met ‘n voertuigdiefstalsaak. Die voertuig is in September in Sasolburg gesteel tydens ‘n huisroof.
Die verdagtes is tussen die ouderdom van 32 en 48 jaar oud.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button