NewsNews

Man ernstig beseer ná ongeluk by treinspoor

‘n Man is gisteraand omstreeks 20:00 ernstig beseer op die Vereeniging pad (R54) nadat hy beheer van sy voertuig verloor het. Die motor het gerol en op die treinspoor beland.

 ‘n Man is gisteraand omstreeks 20:00 ernstig beseer op die Vereeniging pad (R54)  nadat hy beheer van sy voertuig verloor het. Die motor het gerol en op die treinspoor beland.

Volgens Chitra Bodasing, ER24 woordvoerder, was die man omtrent 25 km van Potchefstroom af toe die ongeluk gebeur het. Die voertuig is ongeveer 50m van die pad af gevind. Toe die paramedici op die toneel kom het hulle die man 25m van die voertuig af gevind. Hy was glo uit die voertuig gegooi toe dit gerol het.

‘n Trein het ook naby aan die toneel gestop maar gelukkig was dit ‘n dubbel spoor. Die trein was in die rigting van Vereeniging oppad. Terwyl die voertuig op die spoor beland het wat in die rigting van Potchefstroom gaan.

“Daar is bevind dat hy veelvuldige beserings opgedoen het en in ‘n ernstige toestand was.Hy is behandel en na die Potchefstroom Hospitaal geneem vir behandeling.

Die polisie en verkeer was op die toneel om ondersoek in te stel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button