News

Triomf bederf bejaardes met uitsonderlike musiekuitvoering

Vandeesmaand is reeds die vyfde maand wat dié sanggroep uitreik na bejaardes

Tenoor Stefan Louw se sanggroep, Triomf, het verlede week bejaardes van die Sonskyn Tehuis met ‘n uitsonderlike musiekbelewenis bederf. Die groep tree elke maand by ‘n ander tehuis vir bejaardes in die omgewing (Parys, Viljoenskroon en Potchefstroom) op.

Vandeesmaand is reeds die vyfde maand wat dié sanggroep uitreik na bejaardes. Hulle sou vandeesweek by ‘n piekniek by ‘n ouetehuis in Potchefstroom opgetree het, en was naas hul optrede in Potchefstroom, ook by twee tehuise vir bejaardes in Viljoenskroon, asook die Najaarsrus Tuiste vir Bejaardes. Hul optredes word moontlik gemaak danksy donasies vir brandstof.

Related Articles

Back to top button