![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2022/10/IMG-20221013-WA0002-780x470-1-780x470.jpg)
Keean, wat met Tetralogy of Fallot-hartkondisie (gatjie in sy hart) gebore is, moes die afgelope paar maande om lewe en dood teen ‘n beroerte en Covid-19 veg, wat die tydperk verleng het voordat hy die nodige hartoperasie kon ondergaan.
Hy sou reeds in Junie vanjaar vir die hartoperasie gaan, maar weens die beroerte en Covid-19 moes hy eers herstel nadat ‘n gedeelte van sy lyf verlam was.