News

Sibanye-kundiges sê hoekom krane droog bly; kommer oor sabotasie al in 2020 uitgewys

Met sy destydse besoek aan die aanleg in 2020 het die adjunkminister van menslike nedersetting, water en sanitasie, mnr. David Mahlobo, nie doekies omgedraai toe hy gesê het dat die dorp se waterprobleme al by die watersuiweringswerke begin.

Kundiges van Sibanye Stilwater se hulp is gevra om vas te stel waarom Parys se watersuiweringsaanleg nie op kapasiteit kan presteer nie. Dit was egter duidelik uit die deskundiges se aanbevelings wat verlede week tydens die Ngwathe Raad se sitting gehoor is, dat van die probleme en tekortkominge wat al in 2020 met ‘n hoë vlak besoek aan die aanleg uitgewys is, steeds nie aangespreek is nie.
Met sy destydse besoek aan die aanleg in 2020 het die adjunkminister van menslike nedersetting, water en sanitasie, mnr. David Mahlobo, nie doekies omgedraai toe hy gesê het dat die dorp se waterprobleme al by die watersuiweringswerke begin.
Van die maatreëls wat toe aanbeveel is, was kalibrering by al die nodige punte binne die werke, opskerping van veiligheidsmaatreëls om vandalisme en diefstal te beperk vir meer effektiewe gebruik van toerusting, beter bestuur van die suiweringswerke insluitend risiko evaluering, die skoonmaak van die inlaatkanale, vooraf suiwering (pre treatment plant), en verbetering van waterbestuur in die algemeen.

Die Sibanye Stilwater deskundiges het in hul samevatting van hul voorlegging uitgewys dat ondoeltreffende skerms by die kanaalingangspunte van Parys se watersuiweringsaanleg, sandfilters en besinkingsdamme wat nie ten volle funksioneer nie, die rede is waarom die aanleg nie die 15 megaliter water per dag waarvoor dit ontwerp is, kan lewer nie.

Een van die aanbevelings wat die Sibanye Stilwater deskundiges gemaak het in hul voorlegging oor die Parys watersuiweringsaanleg, is dat kanaalingangspunte na die suiweringsaanleg vir ten minste +/- 100m skoongehou moet word van obstruksies. Die skoonmaak van inlaatpunte is al in 2020 met ‘n hoëvlak besoek aan die aanleg ook uitgewys. Foto’s: Sibanye Stilwater voorlegging

Daarbenewens is die pakketaanleg wat in 2015 by die aanleg geïnstalleer is om ‘n bykomende 10 megaliter water per dag aan die dorp te voorsien, ook buite werking net soos wat die geval was met die 2020 besoek van die adjunkminister.
Sibanye Stilwater is as deskundiges op die gebied van water op inisiatief van Ngwathe se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, genader vir hulp met die dorp se waternood.
Hul aanbevelings sluit in dat:
• Die kanaalingangspunte na die watersuiweringsaanleg vir ten minste +/- 100m skoongehou word van obstruksies.
• Korrek gespesifiseerde en ontwerpte inlaatskerms met die regte roostergroottes in plek moet wees en skoongehou moet word.
* Die doseer- en mengselprosespompstelsel en pype opgegradeer moet word.
* Dat ‘n spesialis genader moet word om die ontwerp- of mengselfoute aan te spreek by die besinkingsdamme.
* ‘n Vergelyking gedoen moet word van die huidige sandfiltertegnologie teenoor die nuwe sandfiltertegnologie.
* Die telematika en digitalisering van die reservoirs met die pompe in werking aangespreek sal moet word.
• Slegs gemagtigde persone moet toegang hê tot die uitsluit van die hoofpyplynkleppe om enige ongemagtigde oopmaak/toemaak van kleppe te voorkom. (Uitsluitfasiliteite moet beskikbaar wees vir gemagtigde persone).
Hulle het gevind dat al die brue by die aanleg disfunksioneel is, en die skeiding van modder by die besinkingsdamme beperk word weens ‘n ontwerpfout op die brûe. Van die agt sandfilters wat op aanbeveling van ‘n konsultant teen groot koste geïnstalleer is, werk twee eenhede nie as gevolg van toetswerk wat nog gedoen word, en nog twee is buite werking weens opgradering wat nog gedoen moet word. Die pompe is wel in ‘n goeie toestand, is bevind.
Die raad het met sy sitting verlede week besluit dat die tegniese departement opdrag gegee sal word om die werk wat gedoen moet word om die probleme reg te stel, te kwantifiseer en ‘n aansoek voor te berei om dringend fondse te bekom om die nodige te doen.
Die strategiese vennootskap met Sibanye Stilwater wat sy professionele kennis van senior ingenieurs en konsultante beskikbaar gestel het, is wyd verwelkom.
Só ook die besluit van die raad om tugstappe in te stel waar nodig teen amptenare waar inligting nie aan raadslede gegee word oor diensleweringskwessies om hulle in staat te stel om hul oorsigrol beter te kan vervul.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button