News

Raad keur versoek goed vir forensiese oudit om wanpraktyke te laat ondersoek

Die Ngwathe Raad het Donderdag, 6 Oktober ‘n versoek van die uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, oorweeg vir ‘n forensiese oudit om wanpraktyke deur ‘n onafhanklike, objektiewe firma te laat ondersoek. Die raad het die versoek goedgekeur met insluiting van ‘n opdrag aan die burgemeester om in oorleg met die munisipale bestuurder en personeel, …

Die Ngwathe Raad het Donderdag, 6 Oktober ‘n versoek van die uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, oorweeg vir ‘n forensiese oudit om wanpraktyke deur ‘n onafhanklike, objektiewe firma te laat ondersoek.
Die raad het die versoek goedgekeur met insluiting van ‘n opdrag aan die burgemeester om in oorleg met die munisipale bestuurder en personeel, ‘n raamwerk vir die ondersoek voor te berei vir voorlegging aan, en goedkeuring deur die Raad. Weens die hoë verwagte koste van só ‘n ondersoek moet die sake wat ondersoek word, beperk word tot aangeleenthede waarin daar ‘n redelike vooruitsig op sukses sou wees, met gepaardgaande kostebesparings wat vir die Raad verwag kan word.
Van die sake wat moontlik ondersoek kan word, sluit in:
1. Bewerings dat water nie deurentyd gepomp word nie, ongemagtigde sluit en/of beskadiging van kleppe hetsy deur personeel of buitestanders.
2. “Vuil” water weens nie-toediening of gebrekkige toediening van chemikalië, hetsy weens nalatigheid of andersins, asook beweerde ‘verdwyning’ van voorraad chemikalië.
3. Bewerings dat werkers hul take nie gedurende werksure uitvoer nie sodat hulle dit later en/of oor naweke op oortydbasis kan verrig, en ander beweerde misbruik van oortydvergoeding;
4. Diensverskaffers wat na bewering betaal word vir dienste wat hulle nie lewer nie;
5. Moontlike korrupsie of wanbesteding by kapitaalprojekte;
6. Beweerde verdwyning van voorraad uit bergingsplekke, soos sakke teer.
7. Die beweerde uitbrug van kragmeters deur munisipale werkers of werkers van ‘n kontrakteur in ruil vir betaling.
8. Moontlike sabotasie van kragnetwerke, insluitend kabeldiefstal.

Related Articles

Back to top button