News

Inwoner se kar met klippe tydens optog bestook

Verskeie inwoners van Mooibank kon ook nie hulle wonings bereik nie omdat die pad afgesper was.

Inwoners van die Mooibank omgewing by Potchefstroom het Maandag (10 Oktober) skade geli toe onwettige grondbesetters in die area hulle voertuie met klippe bestook het en die pad met brandende bande afgesper het.

ʼn Vrou wat Maandagaand op pad huis toe was, het in ʼn hinderlaag beland toe sy die Mooibank-pad gebruik het nadat die onrus skynbaar bedaar het. Sy is skielik vanuit die donker deur ʼn groep mense met klippe aangeval, maar kon met behulp van die gemeenskap en polisie uit die situasie ontsnap. Verskeie inwoners van Mooibank kon ook nie hulle wonings bereik nie omdat die pad afgesper was.

Foto’s: Verskaf

Hennie Fouché, ‘n Mooibank-inwoner het ongeveer 20:10 daardie aand oor klippe op die pad gery wat hy nie kon sien nie. Hy was op pad dorp toe.

Die klippe het sy motor se onderstel so beskadig dat nie kon ratte wissel nie, en moes in ‘n neutrale rat tot by die polisie beweeg. Insleepdienste kon sy motor toe na sy huis toe sleep.

Volgens hom is sy vriendin wat saam in die motor was nog erg getraumatiseer.

“Ek is met klippe gegooi, maar dit was gelukkig mis. Dis groot skade vir my kar met die propshaft wat gebreek het. vlVersekering betaal ook niebuit nie. Ek wag nou om te hoor presies hoeveel die skade is,” noem Fouché.

Volgens Vryheidsfront Plus raadslid in die JB Marks munisipaliteit, Marlene Steyn Du Toit, is die skynbare weiering om ʼn hofbevel teen onwettige grondbesetters by Mooibank af te dwing, een van die redes vir hierdie geweld.

“Die VF Plus het reeds met die aanvang van die onwettige besetting in Januarie 2021 ingegryp en die munisipaliteit en die departement van landbou bygestaan om uitsettingsbevele teen die besetters te bekom.Die betrokke grond is geleë in ʼn landbougebied en glad nie geskik vir ʼn hoë-digtheid menslike nedersetting nie,” noem Steyn Du Toit in ’n persverklaring.

ʼn Hofbevel is toe teen groot koste bekom, maar het bepaal dat dit eers in werking tree met die opheffing van die Covid-19-ramptoestand. Met die opheffing van die ramptoestand in April vanjaar het die VF Plus die munisipaliteit herhaaldelik versoek om die hofbevel af te dwing.

“Landboubedrywighede word ontwrig, werkers kan nie hul werkplek bereik nie en skoolkinders se toegangsroete na skole word afgesny.

Die VF Plus reeds ʼn dringende vergadering met die burgemeester versoek om die aangeleentheid te bespreek en sal daarop aandring dat die munisipaliteit sy verantwoordelikhede teenoor sy belastingbetalers nakom,” noem Steyn du Toit verder.

  • Ook in Parys het sowat 100 EFF ondersteuners vanogend Woensdag 12 Oktober, probeer om munisipale grond onwettig te beset  langs die Dover-pad. Die polisie se openbare orde eenheid het ‘n wakende oog gehou. Die groep het later sonder voorvalle weer die terrein verlaat.

Related Articles

Back to top button