News

Vragmotorbotsing op R59 – simulasie verduidelik

Vragmotorbotsing op R59 - simulasie verduidelik

‘n Ernstige vragmotorbotsing is vanoggend langs die R59 sowat 7km buite Parys  op die Vredefort-pad gesien.
Die ongeluk was net na 10:00 Woensdag 12 Oktober nadat ‘n motor , twee vragmotors – ‘n brandstoftenkwa en ‘n vragmotor wat sianied vervoer het,  op n blinde hoogte wou verbygaan.
Die motor het tussen die twee vragmotors ingesny toe verkeer van voor gekom het, en het toe van agter teen die brandstoftenkwa gebots waarna die agterste vragmotor die motor getref het.
Twee van die vroue wat insittendes in die motor was, is na wat verneem is met kritieke beserings per ambulans na die Parys-hospitaal vervoer, terwyl ‘n derde vrou wat ook in die motor was, vir snywonde behandel moes word.
Die bestuurder van die motor is op die toneel deur die polisie gearresteer vir dronkbestuur.
Die bestuurder van een van die vragmotors is oorlede terwyl die bestuurder van die tweede vragmotor  nie beseer is nie.
Die toneel was teen 13:00 opgeruim.
Lede van die Parys SAPD, verkeer, die provinsiale ambulansdiens, Sanral & Iqhina,  Parys Medix, LGV, Prinsloo Recovery, Ngwathe Brandweer, Sasol en Tanker Services was op die toneel om hulp te verleen en die toneel te beveilig en skoon te maak.
 
Daar is na die ongeluk deur owerhede  bevestig dat die botsingstoneel wat gesien is, inderwaarheid ‘n simulasie was van ‘n botsingtoneel wat deur RIMS in samewerking met BP Petroleum gekoördineer is  om ‘n kritieke scenario voor te stel juis om die reaksietyd en gereedheidsgrondslag van nooddienste wat ‘n sleutelrol vervul in tonele soos hierdie, te toets. Simulasies soos hierdie word van tyd tot tyd gedoen en is van kardinale belang juis om te verseker dat reaksietyd so vinnig moontlik is en die korrekte protokol op tonele gevolg word veral waar daar storting van gevaarlike stowwe sou wees. Daar is drie maande beplan aan die simulasie en sal vandag se oefening opgevolg word met belangrike samesprekings tussen die betrokke rolspelers om seker te maak leemtes wat uitgewys is met die oefening, word aangespreek.
Dit is ook duidelik gestel dat die ”pasiënte” wat vir die simulasie gebruik is, ongedeerd is en niemand gesterf het nie. Dit is juis nodig om ‘n toneel so getrou moontlik voor te stel om te verseker dat reaksietyd en optrede akkuraat geanaliseer kan word. 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button