Die polisie in Viljoensdrift soek na ses verdagtes in verband met ‘n besigheidsroof by ‘n myn in die Viljoensdrift-omgewing
Die ses gewapende rowers het met ‘n bakkie en klein vragmotor by die myn opgedaag op Sondag 9 Oktober en toe na bewering die sekuriteitswagte oorrompel, vasgebind en hul vuurwapens afgeneem.
Nadat die wagte oorrompel is, het die rowers myntoerusting ter waarde van ongeveer R20 000 op die vragmotor gelaai. Hulle het ook ‘n dieseltenk-sleepwa van die myn agter hul bakkie gehaak en toe die pad gevat.
Die polisie kon tot dusver nie daarin slaag om die verdagtes vas te trek nie, en word die publiek gevra wat enige inligting sou hê wat kan help met die arrestasie van die verdagtes, om knst. Stephen Litseo van die Viljoensdrif-speurtak te skakel by 016 974 6267 of 082 301 3033. Anonieme wenke kan ook na die MySAPS selfoontoepassing gestuur word het sers. Mahlomola Kareli, woordvoerder van die polisie in die Fezile Dabi distrik gesê