News

Lente en gesondheid gevier by VLU-byeenkoms

Die volgende vergadering is 1 November.

Die gesondheidsvoordele van rooibostee is eindeloos.
Noem maar die skeet en daar is rooibostee wat verligting kan bring.
Valerie Killian van Annique Theron Produkte het met verlede week se VLU-byeenkoms lede meer van rooibostee en die voordele wat dit vir jou gesondheid inhou, vertel.
Die praatjie het aangesluit by dié maand se tema: Gesondheid en Lente en is die woord, ‘gesondheid’ só uitgespel
G = Genade van God
E = Jy is êrens geplaas
S = Seisoene – God is in beheer
O = Om ons
N = Ons het Hom nodig en kan nie sonder Hom nie.
D = Denke leef in die hede
H = Hede (Live in the Moment)
E = Energie – Entoesiasme – Romeine 12:11
I = Ingesteldheid – wees positief
D = Dank God vir mense in ons lewe
Girtie Burger van PPK het die oggend vir die lede ‘n demonstrasie oor kralewerk gegee.
Elke lid het krale ontvang waarmee servetringe gemaak kon word en daar is tussendeur heerlik gekuier.
Die volgende vergadering is 1 November.
As jy graag die vergadering wil bywoon, kontak Annatjie Dreyer by 082 464 0204 of Bernadet van der Ende by 082 474 0304.

VLU kitswenk: As jy jellie vinnig wil laat stol, gooi ‘n bietjie koeksoda by.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button