SportSport

Rolbaltriomf vir Parys

Parys Rolbalklub loop vandeesweek lekker breëbors rond na die Jacobs egpaar, Rudi en Tracy, Sondag die Noordwesrolbal Gemengde pare kampioenskap in Klerksdorp ingepalm het.

Parys Rolbalklub loop vandeesweek lekker breëbors rond na die Jacobs egpaar, Rudi en Tracy, Sondag die Noordwesrolbal Gemengde pare kampioenskap in Klerksdorp ingepalm het. Hulle het in die halfeind gewen teen Dries de Jager en Lazuya Serfontein, ook van Parys.
In die eindstryd teen Klerksdorp se Errol en Jillian Booth, het die tuisspan aanvanklik goed vertoon maar toe die ervaring van Rudi in die agste kop deurbreek, het die gety teen Klerkdorp gedraai: Na die twee vroue klaar gespeel het, het Klerksdorp twee skote gelê en 13-8 voorgeloop. Rudi het die kop heeltemal gedraai en na die laaste aflewering het die telling op 14-13 in Parys se guns verander. Klerksdorp kon in die volgende klompie koppe net 6 skote optel terwyl die Jacobs telling tot 26 gegroei het. Dit was ook die finale telling: Parys wen 26-19.
Rudi, een van die mees ervare spelers in die Protea-span, en Tracy, verteenwoordig die Noordwes provinsie in die nasionale gemengde-pare kampioenskap wat in Julie in Kimberley plaasvind.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button