SportSport

Muurbalklub gee erkenning

Parys-muurbalklub het op 14 September sy jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid gehou waar erkenning gegee is aan spelers wat die afgelope jaar uitgeblink het, en kan die klub met reg trots wees op uitmuntende prestasies wat deur sy spelers behaal is. Só het Bianke Pienaar onder meer vanjaar met ’n skitterende 4de plek geeïndig by die Growthpoint SA …

Parys-muurbalklub het op 14 September sy jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid gehou waar erkenning gegee is aan spelers wat die afgelope jaar uitgeblink het, en kan die klub met reg trots wees op uitmuntende prestasies wat deur sy spelers behaal is.
Só het Bianke Pienaar onder meer vanjaar met ’n skitterende 4de plek geeïndig by die Growthpoint SA nasionale muurbaltoernooi vir do.17. Bianke is ook vroeër vanjaar 8ste vir do.16 op die lys van Top 10 junior spelers in die land geplaas. Die lys is deur SA Skole Muurbal vrygestel.

Nico Rust wat vanjaar die trofee ontvang as Beste Presteerder vir die klub, is ook gelys onder SA se Top 10 so.14-spelers.

Klubvoorsitter, Robert Thompson, het spesiale erkenning ontvang vir sy rol om die muurbalklub se belange uit te dra, en die groei van die klub te bevorder.
Hy ontvang die trofee vir die persoon wat die meeste vir die klub gedoen het. Danksy sy harde werk en toewyding kon heelwat sosiale geleenthede vir spel gehou word, en was geen opoffering té veel vir die klub of ter wille van die spelers nie.

Links is klubvoorsitter Robert Thompson wat die trofee ontvang het vir die persoon wat die meeste vir die klub gedoen het. Foto: Verskaf

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button